HFM Redenaars en Skaak deur na volgende rondtes – Nuwe leerkrag
HFM Redenaars deur na ATKV Semifinaal
Vyf leerlinge van Hoërskool Frikkie Meyer het deurgedring na die Semifinaal van die ATKV Redenaarskompetisie.
Die volgende rondte van die kompetisie vind op 24 Mei by Hoërskool Hans Strydom aangebied.
Elodie van Emmenis en Ané Viljoen, beide Graad 8 leerlinge sal in die Junior Voorbereid afdeling en Izandra Joubert, ook Graad 8, sal in die Junior Onvoorbereid afdeling meeding.
Stiaan Joubert, Graad 11, sal in die Senior Voorbereid afdeling en Anthony Opperman, Graad 12, sal in die Senior Onvoorbereid afdeling deelneem.
Op die foto regs is Elodie van Emmenis Gr 8, Ané Viljoen Gr 8, Izandra Joubert Gr 8, Stiaan Joubert Gr 11 en Anthony Opperman Gr 12 saam met HFM se Redenaarorganiseerder, Juf Lorraine Vorster.
HFM Skaakspeler gekies vir Interprovinsiale span
Daniël van Zyl van Hoërskool Frikkie Meyer is verkies tot die Bonjanala Noordwes Skaakunie se interprovinsiale span wat op 10 Mei in Bloemfontein teen ander skaakunies te staan sal kom.
Saam met hom op die foto is Juf. Rianda van Rensburg, HFM Skaakorganiseerder.
Nuwe leerkrag in Engelse Departement
Hoërskool Frikkie Meyer het die afgelope week afskeid geneem van Juf Hentie Nel wat na Rustenburg verhuis, waar sy ’n pos by Hoërskool Bergsig aanvaar het.
HFM verwelkom dan ook Juf Ansie Briel (links op foto) wat haar by die Engelse Departement aansluit.