20 Sterf aan Cholera in Zimbabwe: Noodtoestand aangekondig
Die Zimbabwiese regering het ’n noodtoestand in die hoofstad Harare afgekondig nadat reeds 20 mense weens cholera gesterf het.
Volgens die land se minister van gesondheid, Obediah Moyo, is daar ten minste 2000 bevestigde gevalle aangemeld en het ook gewaarsku dat die siekte besig is om oor die hele land te versprei.
“Ons het ’n noodtoestand in Harare aangekondig om gesondheidswerkers te help om die cholera, tifus en wat ook al, te isoleer om sodoende die probleem so gou as moontlik op te los”, het Moyo Dinsdag gesê tydens besoeke aan plekke in die stad wat die ergste hierdeur geraak is.
Daar word vermoed dat swak afvalwater afvoer stelsels en gebreekte rioolpype waterbronne in Harare besoedel het vir die uitbreek van die siektes verantwoordelik is.
Cholera is ’n akute ingewandsiekte wat die oorsaak is van duisende sterftes jaarliks wêreldwyd.
In 2008 het sowat 4 000 mense volgens die Wêreld Gesondheids Organisasie in Zimbabwe gesterf na een van die ergste uitbrake van cholera in die land.
UNICHEF het gesê dat dié organisasie die Zimbabwiese regering help om hulp te ontplooi in geaffekteerde gebiede aangesien hierdie ’n ernstige uitbraak is wat groot investering gaan vereis om te keer dat dit nie verder versprei nie.
Die hoof van die Zimbabwe Dokters vir Humanitêre Regte, Calvin Fambirai, het ’n beroep op die regering gedoen om beter riolering te verskaf, veral in die digbevolkte gebiede in die stad om die uitbraak van verdere siektes wat deur water versprei word te voorkom.
Fambirai het verder gesê dat die omstandighede wat gedurende die 2008 uitbraak geheers het met die uitbraak van cholera en tifus het nie verander nie, maar eerder versleg aangesien daar geen politieke wilskrag is om die probleem aan te vat nie.
Die probleem kom selde in geïndustrialiseerde lande voor maar kom algemeen in groot dele van Afrika voor waar daar swak standaarde is kragtens watersuiwering, sanitasie en toepassing van higiëniese praktyke.