Laerskool gimnaste presteer by Limpopo Kampioenskappe

Gimnaste van Laerskool Thabazimbi het uitstekend presteer tydens die Limpopo Kampioenskappe wat op 8 September te Brits aangebied is. Al die gimnaste is lede van Kruiskrag Gimnastiekklub op Thabazimbi.

Van die gimnaste van Laerskool Thabazimbi wat deelgeneem het, word 11 gekies om aan die SA’s deel te neem. Hulle is Carli Robbertse – Vlak 6, Zenandi du Randt, Mené Venter en Lenie Steenkamp – almal Vlak 0 High Performance, Andries Venter en Wihan Pretorius – Vlak 2 High Performance, Francois Brits – Vlak 1 High Performance, Zander Coetzee – Vlak 5 High Performance, Suzaan Posthumus en Heleen Pienaar – Vlak 4 en Esmarie Pienaar – Vlak 5.Die gimnaste wat Limpopo Kleure verwerf het neem gedurende die Oktober vakansie deel aan die SA Spele.

Die gimnaste van Laerskool Thabazimbi het as volg tydens die Limpopo Kampioenskappe presteer.

Carli Robbertse neem deel aan vlak 6 en presteer as volg: Sy behaal Eerste plek algeheel, verwerf ‘n hele aantal medaljes op die apparaat en kwalifiseer dan vir Limpopo kleure.
Zenandi du Randt neem deel aan Vlak 0 High Performance en kom algeheel Tweede. Sy verwerf ook ‘n hele paar medaljes op die apparaat en kwalifiseer dan ook vir Limpopo Kleure.
Anika White neem ook deel aan Vlak 0 High Performance en kom algeheel tweede. Sy verwerf ook ‘n hele aantal medaljes op die apparaat.
Mené Venter neem deel aan Vlak 0 High Performance en kom algeheel Eerste. Sy verwerf ook ‘n hele paar medaljes op die apparaat en kwalifiseer dan ook vir Limpopo Kleure.
Lenie Steenkamp neem deel aan Vlak 0 High Performance en kom algeheel Eerste. Sy verwerf ook ‘n hele paar medaljes op die apparaat en kwalifiseer dan ook vir Limpopo Kleure.
Andries Venter neem deel aan Vlak 2 High Performance. Hy behaal ‘n algehele Eerste plek. Hy verwerf ook ‘n hele paar medaljes op die apparaat en kwalifiseer dan ook vir Limpopo Kleure.
Serenna Fernandes neem deel aan die Vlak 2 High Performance en behaal ‘n algehele Eerste plek. Sy verwerf ook ‘n hele aantal medaljes op die apparaat.
Wihan Pretorius neem deel aan Vlak 2 High Performance. Hy behaal ‘n algehele Tweede plek. Hy verwerf ook ‘n hele paar medaljes op die apparaat en kwalifiseer dan ook vir Limpopo Kleure.
Francois Brits neem deel aan Vlak 1 High Performance. Hy behaal ‘n algehele Tweede plek. Hy verwerf ook ‘n hele paar medaljes op die apparaat en kwalifiseer dan ook vir Limpopo Kleure.
Zander Coetzee neem deel aan Vlak 5 en behaal ‘n algeheel Vierde plek. Hy verwerf ook ‘n aantal medaljes op die apparaat en kwalifiseer dan ook vir Limpopo Kleure.
Suzaan Posthumus neem deel aan Vlak 4. Sy behaal ‘n algeheel Vyfde plek. Sy verwerf ‘n hele aantal medaljes op die apparaat en verwerf dan ook haar Limpopo Kleure.
Heleen Pienaar neem deel aan Vlak 4. Sy behaal ‘n algeheel Vierde plek. Sy verwerf ‘n hele aantal medaljes op die apparaat en verwerf dan ook haar Limpopo Kleure.
Esmarie Pienaar neem deel aan Vlak 5. Sy behaal ‘n algeheel Eerste plek. Sy verwerf ‘n hele aantal medaljes op die apparaat en verwerf dan ook haar Limpopo Kleure.
Amy-Leigh Pretorius neem deel aan Vlak 5, behaal ‘n algeheel Vierde plek en verwerf ook ‘n medalje op die apparaat.

15 Sept LS TBZ GIMNASTIEK 8 SEPTEMBER 2018 001
Gimnaste van Laerskool Thabazimbi wat tydens die Limpopo Gimnastiekkampioenskappe medaljes ontvang het is op die foto voor van links: Carli Robbertse, Zenandi du Randt, Anika White, Mené Venter en Lenie Steenkamp. Middel: Andries Venter, Serenna Fernandes, Wihan Pretorius, Francois Brits en Zander Coetzee. Agter: Suzaan Posthumus, Heleen Pienaar, Esmarie Pienaar en Amy-Leigh Pretorius.