Cyril Ramaphosa se onteiening rym nie met Nasionale Ontwikkelingsplan

Agri Limpopo sê dat boere diep bekommerd is oor die rigting wat die ANC onder die leierskap van Cyril Ramaphosa ingeslaan het rondom onteiening sonder vergoeding. Dit rym hoegenaamd nie met die doelstellings van die Nasionale Ontwikkelingsplan nie.

Limpopo-boere het tans geen duidelikheid of selfs rigtingwysers oor die mees basiese vrae wat enige belegger sou vra nie, soos:

die tersaaklike vennootskapgebaseerde landbou-ontwikkelingsprojekte nou gestaak word?
Hoe gaan grond wat sonder vergoeding onteïen moet word, geïdentifiseer word, of is alle plase op risiko?
Geld dit net vir landbougrond?

Boere in die provinsie is veral verstom dat die ANC glo dat dieselfde rampspoedige beleidsrigting wat die Zimbabwese ekonomie, geldeenheid en sosiale kohesie vernietig het, in Suid-Afrika ‘n ander uitkoms sal hê.

is geen tekort aan geld by die staat nie; die geld word wanaangewend. Daar is geen onwilligheid by grondeienaars om te verkoop nie; daar was trouens nog nooit soveel plase in die mark soos nou nie. Die markmeganisme het tot dusver nie gewerk nie, net omdat dit nog nie behoorlik op die proef gestel is nie.

As ‘n bank bereid is om teen ‘n bepaalde waarde te finansier, is die risiko dat die staat te veel betaal, uiters beperk.

Plase wat reeds in die herverdelingsprogram aangekoop is, word nooit aan die begunstigdes oorgedra nie. Daardie boere kan nie finansiering kry nie, en bly aan onbekwame amptenare uitgelewer. Daardie plase lê soos slagvelde agter die Departement, en die minister het self erken dat meer as 90% daarvan misluk het

Onteiening sonder vergoeding is bloot ‘n rookskerm om die ANC se pad van vernietiging in sy grondhervormingsprogramme te verbloem.

Geen sektor van die ekonomie kan landelike armoede meer toereikend aanspreek as landbou nie, maar Suid-Afrika word van daardie geleentheid ontneem deur swak besluite oor grond.
Die staat was tot dusver ‘n swak of afwesige vennoot, en die ANC het nooit enige erns gewys om sy eie beleid te implementeer nie.

Suid-Afrika hoef nie die pad van Zimbabwe te stap nie. “Ons kan grondhervorming laat werk en in een geslag ‘n klas van welvarende swart boere skep. Daar is in elk geval genoeg hoë potensiaal landbougrond wat reeds deur die staat gekoop is, wat tans onproduktief lê.”

Produktiewe benutting van genoemde grond sal foute van die verlede regstel en help dat die ekonomie en voedselsekerheid nie skade ly nie.