Vakansieklubs se onlosmakende kontrakte onder die loep
Die Nasionale Verbruikerskommissie (NVK) het van die datums vir sittings om ongerymdhede in die vakansieklub-bedryf te laat ondersoek in die verskillende provinsies bekend gemaak.
Dit kom na jare van onverpoosde werk van die VF Plus, sê adv Anton Alberts, voorsitter van die VF Plus.
Volgens Alberts is dit nog nie bekend presies waar die sittings sal plaasvind nie, maar die VF Plus sal dit, asook enige ander inligting wat mettertyd beskikbaar raak, aan die publiek deurgee.
Die beskikbare datums is soos volg:
KwaZulu-Natal: 24 – 27 Julie
Mafikeng: 14 – 15 Augustus
Polokwane: 21 – 22 Augustus
Oos-Kaap: 28, 29 en 30 Augustus
Gauteng: 4, 5, 6 en 7 September
Noord-Kaap: 11 – 27 September
Wes-Kaap: 10 – 15 Julie
Mpumalanga (nog nie bekend)
Vrystaat (nog nie bekend)
Alberts sê dié vordering is ʼn groot oorwinning vir VF Plus en bring hoop vir lede van vakansieklubs wat oor die jare onlosmaaklik deur kontrakte aan die klubs gebind is.
“Die VF Plus is verheug dat hierdie punt eindelik bereik is, en moedig die publiek aan om deel te neem sodat gebreke en ongerymdhede in die bedryf reggestel kan word.
“Enige navrae kan aan gerig word aan mnr. Neels Hattingh van die VF Plus by neels@vfplus.org.za. Hy kan ook geskakel word by 012-772 4410.
“Die VF Plus ondersoek tans, met die goedkeuring van die verbruikerskommissie, die moontlikheid om ʼn deur ʼn hofaansoek of met ingryping van die verbruikerstribunaal alle bestaande kontrakte ongeldig te laat verklaar terwyl die huidige ondersoek aan die gang is,” sê adv. Alberts.
Die Nasionale Verbruikerskommissie (NVK) het aangekondig dat die Wes-Kaapse sittings om ondersoek in te stel na probleme in dié bedryf, op 11 en 12 Julie in Kaapstad sal plaasvind.
Dit sal plaasvind in die Cape Town Lodge Hotel en Konferensiesentrum in Buitengrachtstraat 101, Kaapstad. Die hotel se kontaknommer is 021-422 0030.
Volgens adv. Alberts het die NVK ‘n ondersoekpaneel van drie lede aangestel om die hoofoorsake van verbruikersklagtes in die tyddeel-bedryf te ondersoek.
Die doel van die ondersoek is om die oorsake van die probleme wat verbruikers ervaar, te identifiseer, bevindinge te maak oor die feite en bewyse wat aan die paneel voorgelê word en om dienooreenkomstig aanbevelings te maak.
Adv. Alberts sê dit is belangrik dat die publiek sy volle steun aan die ondersoek gee. Registrasievorms vir deelname kan gekry word by mnr. Neels Hattingh van die VF Plus by neels@vfplus.org.za . Hy kan ook geskakel word by 012-772 4410.
“Die VF Plus ondersoek tans, met die goedkeuring van die verbruikerskommissie, die moontlikheid om ʼn deur ʼn hofaansoek of met ingryping van die verbruikerstribunaal alle bestaande kontrakte ongeldig te laat verklaar terwyl die huidige ondersoek aan die gang is,” sê adv. Alberts.