Bergboegoe gaan stap agter Bobbejaanwater

’n Tipiese toneel van die kuier na die stap. Op die foto is ‘n paar mense wat steeds in die omgewing is. Hoop om al die ou lede van Bergboegoe Saterdag te sien.
’n Tipiese toneel van die kuier na die stap. Op die foto is ‘n paar mense wat steeds in die omgewing is. Hoop om al die ou lede van Bergboegoe Saterdag te sien.
Onder die ouer lede wat ook Palgrave se boek ontvang het, was van links, Sheila Trollope, Theo Erasmus, Glen Trollope en Barbara Erasmus. Beide Theo en Glen het ons kort na die funksie ontval. Moet dus nie wag om aan te sluit nie. Die lewe is te kort daarvoor.

THABAZIMBI – Die volgende uitstappie van die Boomvereniging is, môre, Saterdag 16 April 2016, op die plaas van Henk Brits op die Brits pad, net voor die afdraai na Klipgat.

Belangstellendes ontmoet mekaar agter die TOTAL garage voor die Choppies om 15:00 stiptelik.

Vandaar vertrek almal saam. Aangesien die hek met ’n kode oopgemaak word, is dit noodsaaklik dat almal saam in konvooi moet. Die pad op  die plaas is redelik en sal met ‘n gewone voertuig gery kan word

Bring jou stapskoene saam. Daar is nie dorings in die pad nie maar wel in die veld wat skoongemaak is met n kruiptrekker. Onthou verder drinkwater, jou boomboek, koellerboks met eie koeldrank of soos Tobie gesê het: “so ’n wittetjie” , of wat ook al daarmee gepaard gaan.

Die dag word afgesluit met ‘’n bring-en-braai. Bring maar eerder jou eie oopslaan rooster sout en peper asook jou eie opslaanstoel. As jy vergeet, stoele sal beskikbaar wees. Vuurmaak hout is beskikbaar op die plaas. Bring ook eie eetgery en glase en wat se bykos jy mag verkies. Onthou tog asseblief om die vriende en kinders wat groot genoeg is te nooi om saam te stap. Die staproete is ongeveer 2 km lank en gaan ongeveer ‘n uur duur. Die ouer mense wat nie wil saamstap nie, kan by die kuierplek sit en kuier.

Die staproete gaan jou langs ‘n wild draad neem en dan so n draai in die veld  om ‘n interessante boom te identifiseer.

Daar is ‘n skoon dam by die parkeer area om in te swem. Bring baai broeke saam as jy na die stap wil afkoel. As jy net vir die stap wil saamkom is jy welkom om dit te doen en jy is vry om te gaan daarna. Die res sal geleentheid kry om bietjie te rus en saam kuier om die braaivleisvuur.

Vir meer inligting kontak Ewald Botha by  082 878 1275.