Rekening gesluit

comment

Hoekom sluit jy ’n rekening terwyl rande by die miljoene daar instroom. Dit laat my dink aan die skielike sluiting van die Gutas se rekening deur Standard, Absa en Nedbank. Is hierdie banke nie dalk ook deur die Guptas ingeloop met miljarde rande wat hulle onttrek het en nie terugbetaal het nie. Indien ’n bank geen hoop op terugbetaling het nie, word die rekening gewoonlik gesluit.

Die ANC het met hul vakbond vennote Suid-Afrika bankrot gemaak. Dit wat hulle 30 jaar gelede nie kon regkry om die wit sakesektor te laat val nie, het hulle nou op hul eie reggekry.

As jy staak vir ’n belaglike loonverhoging gaan die firma bankrot as daar geen werk gedoen word nie, want al die werkers is besig om te toi-toi.

So word daar daagliks duisende werkgeleenthede vernietig deur die Vakbonde wat kop in een mus met die ANC-regering is.

Inkomste en werkgeleenthede kan net deur die kleinsakesektor geskep word. Staatsbesighede se werkers word deur die staat betaal deur inkomste wat hulle uit die kleinsakesektor verdien in die vorm van belasting. Voeg hierby ook nog die belaglike arbeidswetgewing wat ondermeer jou verbied om mense summier af te dank indien hulle besig is om jou te besteel. Ongelukkig het die witboordjie en ander wit werkers besluit om hierdie nuwe wetgewing te gebruik en ook op die werkgewer te trap asof hy die skuldige in die verhaal is. Hieroor kan Kwêvoël boekdele vol skryf.

Almal wat tot die ineenstorting van die Suid-Afrikaanse ekonomie bygedra het, is steeds daar.

Die uitlatings wat deur Cyril Ramaphosa gemaak word dat die ekonomie steeds in die hande van die witmense is, wie dit sodanig manipuleer om die swart sakemense uit te hou is vir ’n slim man soos hy, ongelooflike pryse op buffels betaal, weet lankal dat hy besig is om die grootste klomp stront te praat. Hierdie is maar net ’n manier om die swart kieserskorps se aandag af te trek van die swartmense se geknoeiery om vinnig geld te maak soos Zuma en die Guptas se ongesonde sakeverhouding wat deurspek is van misdadiger-elemente. Voeg daarby al die steenkoolmyne wat sonder waterpermitte ons vleilande vernietig en die res van die waterstelsel besoedel en jy besef die vergrype aan geld slegs vir ’n uitverkore groepie swart mense bevoordeel. Dit is mos kultuur dat alle rykdom die koning toekom wat dit met hulle sal deel. Ongelukkig vir hulle het ’n klomp Indiërs uit ’n armsalige deel van Indië, waar hul pa een van die min mense in die dorpie is wat ’n kar besit, alles gevat en die swart tradisionele ondersteuners van koning Zuma gaan niks kry nie.

Die sluiting van die ystererts myne is direk die gevolg van die geknoeiery tussen Zuma en China. Nie ’n enkele stukkie staal wat in die konstruksie van Medupi of Kusile kragstasies gebruik is kom uit Suid-Afrikaanse staalvervaardiger aanlegte nie. Al die staal is van China verkry wat sy goedkoop staal in Suid-Afrika kom stort het. Mens kan maar seker wees Zuma en sy vertrouelinge is hierdeur bevoordeel. Indien hul plaaslik staal aangekoop het, sou dit nie gebeur het nie. Zuma sal klou aan sy presidentskap om homself te verryk. Vir hom gaan dit nie oor die groei van die ekonomie nie maar net oor dit wat hy daaruit kan kry.

Die totale ANC is korrup. Dit wat die wit mense deur harde werk in die land opgebou het word afgebreek ter wille van die sinkplate en vensterrame om plakkershuise op te rig. Wie gaan die kos gee. Wie gaan sorg vir drinkwater wat besoedel word deur rou rioolwater. Dit gaan nie lank wees totdat Suid-Afrika weer terugslaan na die barbaarse land wat dit vyf eeue gelede was nie.