HFM Interhoër wenners

Die HFM Dirigente span wat die leerlinge op die paweljoene aan die gang gehou het om die sangbeker ook huit toe te bring.
Die HFM Dirigente span wat die leerlinge op die paweljoene aan die gang gehou het om die sangbeker ook huit toe te bring.

HFM by die Interhoër atletiek byeenkoms in Naboomspruit wat die wen beker hou. Die span hoofde saam met ‘n trotse HFM skoolhoof, mnr C. Campbell.
HFM by die Interhoër atletiek byeenkoms in Naboomspruit wat die wen beker hou. Die span hoofde saam met ‘n trotse HFM skoolhoof, mnr C. Campbell.

NABOOMSPRUIT – Interhoër 2016 was beslis ‘n belewenis vir elke atleet en toeskouer toe Hoërskool Frikkie Meyer stof in die ander skole se oë geskop het toe hulle nie net as algehele wenners uit die stryd getree het nie, maar met nie minder nie as sewe trofeë huis-toe gekom het.
Die dirigente se opkoms was in ‘n klas van hulle eie en dit was die eerste teken dat die dag vol verrassings sal wees.
Lesne Pauw, wat ‘n wonderlike 3000m gesorg het, het beslis die vlammetjie vir die dag se sukses aan die brand te steek en aan die brand te hou. Dit was verseker een van die beste 3000m wat Frikkie Meyer in jare opgelewer het. Hierdie vlammetjie het al hoe groter gebrand soos die dag gevorder het.
Dit was ook merkbaar hoe die gees onder die kinders op die pawiljoen gegroei het na hierdie vertoning, sodanig dat hulle ook die Sangbeker verower het.
HFM het sewe trofeë huis-toe gebring. Die trofeë was:
Algehele wenner van Interhoër 2016.
Beste Seunspan.
Die Interhoër sangtrofee.
Beste atleet van die dag – Hazel Kennedy.
Beste Baanatleet – William Thulare.
Junior Seuns.
Senior Seuns.
Die volgende atlete het rekords verbeter:
Brendan Vermaak met sy diskus met ‘n afstand van 48.40m (782 ASA punte) en gewigstoot met ‘n afstand van 17.57m (892 ASA punte).
William Thulare in sy 110m hekkies met ‘n rekordtyd van 13.94s (908 ASA punte) en 400m hekkies met ‘n rekordtyd van 53.88s (811 ASA punte).
Hazel Kennedy in haar 90m hekkies met ‘n rekordtyd van 14.08s (861 ASA punte) en 300m hekkies met ‘n rekordtyd van 47.52s (836 ASA punte).
Marco Myburgh in die 400m met ‘n rekordtyd van 49.41s (813 ASA punte) en 200m met ‘n rekordtyd van 22.54s (779 ASA punte).
Devoux Deysel in spiesgooi met ‘n afstand van 56.95m (574 ASA punte) en die 0/16 seuns aflosspan – rekordtyd van 44.95s (773 ASA punte).
HFM wil graag ook vir Lesne Pauw se prestasie uitlig. Sy verdien ‘n eerste plek in die 3000m, 1500m en ‘n tweede plek in die 800m. Hierdie kombinasie van items is seker een van die moeilikstes en verg ongelooflike veggees en deursettingsvermoë. Lesne het hierdie jaar haar alles vir HFM gegee en sy het ook die veggees in elke atleet aangewakker.
Die skool spreek sy dank uit teenoor elke atleet, afrigter, en spanbestuurders wat hard gewerk het deur die seisoen om te sorg dat die Leeu van Naboom se gebrul oorheers kon word deur die gejuig van die Bielies van die Bosveld, die Interhoër wenners van 2016.