HFM Atlete goed gevaar by die PUK byeenkoms

Op die foto staan die trotse HFM hoof mnr C Campbell saam met William Thulare, Brendan Vermaak, Matlapu Modise en Berna Kriel, hul atletiek afrigter.
Op die foto staan die trotse HFM hoof mnr C Campbell saam met William Thulare, Brendan Vermaak, Matlapu Modise en Berna Kriel, hul atletiek afrigter.

Hoërskool Frikkie Meyer het hul atletiekspam na die NWU Pukkie byeenkoms gestuur wat op Dinsdag, 16 te Ruimsig Stadion plaasgevind het. Die atlete het gekompeteer teen groot skole soos HS Pietersburg, HS Windhoek ens. Die atlete het goed gevaar en ‘n algehele derde plek behaal met ‘n totaal van 620 punte.
Besonderse prestasies vir die dag:
Brendan Vermaak is aangewys as Beste Senior Veldatleet met n nuwe veldrekord in gewigstoot (afstand 17.56m). Hy behaal 992 punte op die ABSA tabel. Hy behaal ook n eerste plek met diskus (afstand 48.25m) en behaal 836 punte.
William Thulare is aangewys as Senior Victor Ludorum met 3 nuwe rekords. Hy wen die 110m hekkies met ‘n rekordtyd van 14s en behaal 1035 punte op die ABSA tabel. Hy wen die 400m hekkies met ‘n rekordtyd van 57.81s en behaal ‘n verder 786 punte. William wen ook die verspring met n rekordafstand van 6.43m en behaal 876 punte.
Matlapu Modise is aangewys as Beste Junior Veldatleet met 938 punte behaal in verspring en 822 punte in hoogspring.
Devoux Deysel behaal ‘n eerste plek spiesgooi met ‘n rekordafstand van 64.42m en behaal 1086 punte op die ABSA tabel. (Sy afstand is 18 meter verder as die van sy teenstanders).
Marco Myburgh behaal ‘n eerste plek met die 400m met ‘n nuwe baanrekord van 50.66s en behaal 895 ABSA punte.
Bonolo Majadibodu behaal ‘n rekord in die 800m met ‘n tyd van 1:57.78 en verdien hiermee 860 ABSA punte.
Michael Payne behaal ‘n eerste plek in hoogspring met ‘n rekordhoogte van 1.85m en behaal 839 punte.
Dankie aan die afrigters wat die atlete vergesel het en dankie aan elke atleet wat sy beste gegee het. Die atletiek interhoër vind die naweek plaas (27 Februarie) by HS Hans Strjidom in Naboomspruit. HFM wil graag al die bekers terug bring huistoe