Besoekers kuier gesellig by Thabazimbi se eie Craft Oktoberfees

Gerrit en Susan, reeds ou besoekers by Dewside Brouery en Restaurant in Thabazimbi, en het die verskeidenheid van Craft biere wat by die Oktoberfees beskikbaar was baie geniet.
Gerrit en Susan, reeds ou besoekers by Dewside Brouery en Restaurant in Thabazimbi, en het die verskeidenheid van Craft biere wat by die Oktoberfees beskikbaar was baie geniet.

THABAZIMBI – Sekerlik die eerste Oktoberfees waar plaaslike vervaardigde Craft (Boetiek) Bier die botoon gevoer het in Limpopo, is Saterdag heel suksesvol in Thabazimbi aangebied met besoekers van vanaf laatoggend tot laataand lekker saam gekuier het. Vir ‘n slag is daar geeneen van die groot brouerye soos SAB Miller of Windhoek betrek as drankverskaffer nie, maar is Craft Bier Brouerye betrek by die fees wat dit ‘n uniekheid van sy eie, en sekerlik die eerste fees van sy soort, in Limpopo maak.
Musikante is beperk tot twee orkeste wat gewoonlik ook tydens bierfeeste op tree en net die regte musiek hiervoor verskaf.
Volgens Jacques Blaauw, voorsitter van die Thabazimbi Sakekamer, wat die fees op ‘n baie kort kennisgewing beplan het, is hy heel tevrede met die hoe die fees verloop het. Aangesien hierdie basies ‘n proeflopie was, was daar so ‘n paar hakplekkies wat met toekomstige feeste uitgeskakel kan word. Niemand was in elk geval voorberei op die geweldige hitte van veral die stalletjies wat in die sale hul kos en bier moes verkoop nie.
Die een ding wat baie positief uit die fees uitgekom het, was die feit dat die besoekers nie noodwendig heeltyd deur ‘n klomp kunstenaars op ‘n verhoog vermaak wil word nie. Ook nie dat daar ‘n biertent moet wees nie. Die klank is gewoonlik so oordonderend dat jy nie lekker kan kuier nie. En van kuier gepraat, dit is wat die mense by die Oktoberfees gedoen het. Uiteindelik is daar weereens ‘n kuierfees, soos die Wildsfeeste van vervloë jare op Thabazimbi aangebied.
Toeriste en kuiergaste van buite die dorpsgrense sal beslis hiervan kennis neem, en hopelik weer inskakel by ‘n kuierfees wat nie ‘n kunstefees is nie.
As gevolg van die kort kennisgewing, en die feit dat heelwat Oktoberfeeste op die laaste of voorlaaste naweek voor die einde van Oktober plaasvind, kon al die brouerye wat Craft Bier brou nie bereik word nie. Frie brouerye wat teenwoordig naamlik Dewside Brouery wat in Thabazimbi gesetel is, Chameleon Brouery van Harties en Copperlake Brouery van Muldersdrif, wat by Dewside se stalletjie ingeskakel het aangesien hulle personeel elders betrokke was.
Die hoop is dat baie van die kleiner brouerye wat te klein is om by die groot bierfeeste in te skakel, deel sal word van die Thabazimbi Oktoberfees en hulle produkte hier kom bemark.
Uitsluitlik Craft Bierfeeste is nog ‘n nuutjie in die land en word gewoonlik deur die groter Craft Bierbrouerye soos Drymans Brouery in Silverton oorheers. Die Thabazimbi Oktoberfees wil juis aan die kleiner Craft Brouerye geleentheid bied om die fees as een van die grootste Craft Bierfeeste in Limpopo uit te bou.
Die dag is vooraf gegaan deur ‘n kleinbokkie-veiling in die aanliggende Trophy Breeders / Trollope saal. Aangesien die Oktoberfees eers amptelik om 14:00 afgeskop het, was daar nie vooraf kontrole oor toegang by die hek nie. Nieteenstaande dit kan daar aanvaar word dat tussen 1800 tot 2200 mense die fees bygewoon het.