16 DAE van Aktivisme teen geweld teen vroue en kinders

69dde73d-74ba-4227-a2d8-fd8193e6baa0
THABAZIMBI – SAVF Thabazimbi gaan 16 dae van Aktivisme teen geweld teen vroue en kinders vier op die 12de November deur middel van ‘n bewusmakingsveldtog die oggend. Heerlike pannekoeke sal ook die oggend verkoop word ter ondersteuning van die projek. Linda Grobler, kantoorhoof, meld dat gesinsgeweld, aanranding en verkragting werklikhede is wat ook hier by ons plaasvind en dat dit nodig is dat mense weet wat hulle regte daaromtrent is.
SAVF beplan om die oggend van die 12de November die dorp in te vaar en pamflette uit te deel by verskeie winkelsentrums in die dorp ten einde mense bewus te maak van die probleem asook wat om te doen en wie om te kontak. Hulle sal ook petisielyste teen geweld laat teken deur gewillige lede van die publiek. Grobler vra dat die gemeenskap hulle ondersteun in hierdie projek.
Hulle sal wit Strikkies verkoop teen R5 wat hierdie aksie nasionaal simboliseer.