Die wetenskap agter wildboerdery verduidelik

Ems Strydom

1Madikwe-Bul-2
DWAALBOOM – Verskeie sprekers het verlede Woensdag tydens die WRSA vergadering op die plaas Lentegeur in die Dwaalboom-omgewing, wildboere oor verskillende aspekte ingelig.
Louis Greef het verskillende praktiese probleme rakende die probleme wat met verskillende spesies ondervind word uitgelig. Buffels is byvoorbeeld veral vatbaar vir tering. Wildboere moet dus dat daar nie probleme in die omgewing waar hulle hul wil aankoop bestaan nie. Hy het ook na ‘n geval verwys In Noord Wes waar ‘n tering uitbraak, onder die buffels uitgebreek het. Na ‘n lang ondersoeke is daar gevind dat twee Koedoes wat privaat aangekoop is, die sondebokke was.
Louis het ook gesê dat wanneer boere draad span, moet hulle doodseker maak, dat alle stukkies draad opgetel word, want buffels het ‘n voorliefde om stukkies draad te vreet. Een boer het drie duur buffels so verloor. Boere moet ook kyk dat die draadspanners wel oor tydelike toilette beskik aangesien hy al baie probleme ondervind met onder andere lintwurms, wat van menslike ontlasting afkomstig is. Sommige diere het deur hierdie besmetting hulle oë verloor, en selfs gevrek, as hulle nie betyds behandeling kry nie. ‘n Mens is ook maar ‘n dier en dit is ‘n baie goeie praktyk om jouself en jou arbeiders elke ses maande te ontwurm.
‘n Groot probleem met vee wat tussen wild loop, kan jy die geval kry dat beeste, skape en selfs boerbokke siektes soos snotsiekte, of eksotiese aborsie aan wild oordra.
Hy het afgesluit deur te sê dat baie vrektes te wyte is, aan voerverwante siektes. Gifblaar, wildedadels en selfs gemufde voer, of tekort aan spoor elemente kan fataal wees.
Malcolm Moody van Obaro het oor veevoer gepraat. Dit is baie belangrik dat wild altyd gebalanseerde voer kry. Hy het gesê dat jy van die beste genetika wild kan aankoop, maar as jou voer nie gebalanseer is nie, gaan jou wild sy bouvorm verloor. Proteïen, kalsium, fosfate en minerale is baie belangrik vir wild se groei en reproduksie, veral ook waar wild in klein kampies aangehou word. Die regte voeding kan vroulike diere baie gouer geslagsryp maak. Gee jou diere ekstra voeding so vier weke voor lam/kalftyd.
Thea, ook van Obaro het verskeie metodes bespreek, hoe jy jou wild teen bosluise kan behandel. Inwendige parasiete het ook sy probleme, maar uitwendige parasiete is op die oomblik nog die grootste probleem.
Gerrie Visagie, van Waterberg brandafdeling het ook oor brandpaaie gepraat. Hy het selfs genoem dat as boere ontbosden hulle los die bosse op hope om droog te word, dit net so ‘n brandrisiko is. Die veld is droog en weerlig steek die veld maklik aan die brand.
Die dag was afgesluit met ‘n braai, wat goedgunstiglik deur Obaro geborg is.