Setaria stig eie VLU-tak

VLU Zonneblom-tak se bestuur is op die foto agter van links: Estelle Strydom (Sekretarresse), Maritza Hasebroek (Voorsitter), Annatjie Dreyer (Bosveldstreeks voorsitter), Magde Meyer (Beoordeellaarsameroepster) en Louise van Niekerk (Skakelbeampte). Voor: Charlene Janse van Vuuren (Tesouriere)

SETARIA – ‘n nuwe VLU tak, Zoneblom tak, is op 16 Oktober in die Bosveldstreek gestig. Hierdie tak sal in Setaria gesetel wees en dames wat in hierdie gebied woon word hartelik uitgenooi om by hulle in te skakel.
Hulle eerste projek is dan ook om hul vergader-lokaal reg te maag en al hul admisistrasie agtermekaar te kry.
Tydens hierdie vergadering het mev Annatjie Dreyer (Bosveldstreek voorsitter) het die tak geopen saam met Zoneblom lede wat toe ook ‘n bestuur gekies het. Hierdie dames lyk baie opgewonde en vuur en vlam om hul tak goed aan die gang te kry. Die ander take wens hulle geluk met hul nuwe tak en wens hulle baie sterkte toe.
Om deel van hul span te wees, skaskel gerus hul voorsitter, Maritza Hasebroek, by 0790870795 of Louise van Niekerk (skakelbeampte) by 074 9279 457.