Nuwe bestuur aangewys vir Northam VLU

Die bestuur van die Northam VLU vir 2016 is van links: Dina Smit (Tesourier), René Laas (Skakelbeampte), Marinda Gagiano (Sekretaresse), Cilia Goosen (Beoordelaars sameroeper) en Riana Oosthuizen (Voorsitter)
Die bestuur van die Northam VLU vir 2016 is van links: Dina Smit (Tesourier), René Laas (Skakelbeampte), Marinda Gagiano (Sekretaresse), Cilia Goosen (Beoordelaars sameroeper) en Riana Oosthuizen (Voorsitter)

NORTHAM – Tydens die afgelope vergadering van Northam VLU wat op 15 Oktober gehou is, is die nuwe bestuur ook gekies. Riana Oosthuizen sal as voorsitter die leisels neem. Die gas-dames was Annatjie de Waal en Wilma Kok, wat weereens baie moeite gedoen het.
Tydens hierdie vergadering het Dina Smith ook verjaar. Getrou aan die dames-kultuur sal sy nooit haar ouderdom verklap nie. Gelukkig is sy nog baie jonk van gees en word sy geluk gewens met die nuwe lewensjaar en word sy weereens ‘n baie betrokke jaar toegewens saam met die ander VLU dames.
Die dames het n baie interessante gasspreker vir die dag gehad met Charlede Genis van “In my knapsak” wat die dames gewys het hoe om n bors op te vul na n masekstomie, en ook hoe dit werk. Met borskanker wat soveel van vrouens vat, was dit interessant om te sien hoe jy dit kan oorkom. Chalene het ook verskillende produkte saam gebring wat die vrouens natuurlik baie geniet het.
Na die vergadering het die vrouens lekker gesellig saam gekuier.
Hulle afsluiting van die jaar sal plaasvind gedurende November. Vir enige inligting oor hierdie besonderse tak, skakel gerus hul skakelbeampte, Rene Laas by 073 4299 422