Laerskool Koedoeskop trek ‘n nuwe baadjie aan

35-Koedoeskop klaskamers
Na ‘n 18 maande se gewoel en gewerskaf op die skoolterrein kan die leerders van Laerskool Koedoeskop uiteindelik in hulle pragtige nuwe klasse intrek. Die skool spreek sy opregte dank teenoor die Limpopo Onderwys Departement wat verantwoordelik was vir die opkappingsprojek. Hulle is ook baie opgewonde om te sê dat hulle vroeg in die vierde kwartaal die nuutjie gaan inwy met ‘n pragtige revue.