HFM: BATTLE OF THE GRADES

Die groep wenners van die HFM talent kompetisie.
Die groep wenners van die HFM talent kompetisie.

THABAZIMBI – Die SR en Personeelkomitee van HFM het op 7 Mei ‘n baie suksesvolle talentkompetisie gehou waartydens groepe teen mekaar gekompeteer het in sang, dans en drama. Daar is drie wenners aangekondig:
1. Never know what (graad 9)
2. Righard Vink (graad 11)
3. The unexpected (graad 9)
Die grade is ook uitgedaag om te kyk wie die meeste deelnemers op die verhoog kon kry! Die graad 11- groep het hierdie kategorie loshande gewen met hul massa-item waartydens hulle die Macarenadans gedoen het, en daarmee vir hulle‘n Siviedag en piekniek losgeslaan het. Dit was egter nie die einde van die kompetisie nie! Daar was ook twee onderwysersitems wat teen mekaar deelgeneem het. Die gehoor was verras om die simfonieorkeslede van HFM te ontmoet en was geskok in mnr. Prof Erasmus se viooltalent! Die drie tenore het ook die gehoor vasgenael gehou met hul skittervertonings! Die wenners van die onderwyserskategorie was egter die “Sjoep-sjoep girls and a guy”. Hierdie dames en heer het hul danstalent ten toon gestel met die gepaste nommertjie “Future Husband”. Dankie aan al die borge, beoordelaars en deelnemers vir hierdie suksesvolle aand. Die leerders van HFM het weereens bewys dat ons ‘n skatkis van talent besit!