ATKV Redenaars

Al die HFM leerlinge wat aan die ATKV redenaars deelgeneem het te Groblersdal, saam met hulle afrigters.
Al die HFM leerlinge wat aan die ATKV redenaars deelgeneem het te Groblersdal, saam met hulle afrigters.

GROBLERSDAL – Die leerlinge van Hoërskool Frikkie Meyer het op Vrydag 17 April deelgeneem aan die eerste rondte van die ATKV redenaars by Hoërskool Ben Viljoen, Groblersdal.
Die leerlinge het bestaan uit senior leerders (graad 10 – 12): Danielle van Loggerberg, Aurelia van Zyl, Daniël Koekemoer, Melanie Engelbrecht, Gerdri Eloff, Waldo Breedt, Sonja Bezuidenhout en CJ van der Merwe. En die junior lede (graad 8 – 9) was Irene Marais, Erich Wende, Anke-Mari Wentzel, Pieter Welgemoed, Nika Bester, Anica Jordaan, Jolize Butler en Teswell Cloete.
Drie redenaars in elke groep het deelgeneem aan die voorbereide afdeling en vyf aan die onvoorbereide afdeling. Geen redenaar mag aan beide afdelings deelneem nie.
Al die redenaars het hulle uitstekend van hulle taak gekwyt en hulle onderwerpe goed beredeneer. Die ekstra oefeninge wat hierdie jaar begin is, het voorwaar gehelp om die redenaars goed voor te berei. Dit was ook opmerklik dat die redenaars wat verlede jaar deelgeneem het, baie verbeter het en ‘n gunstige repliek gekry het.
Die volgende redenaars is deur na die finale rondte van Limpopo wat op 5 Junie by Curro Heuwelkruin plaasvind. In die senior groep vir die onvoorbereide afdeling: Melanie Engelbrecht. In die junior groep vir die voorbereide afdeling: Irene Marais, Erich Wende en Anke-Mari Wentzel. In die onvoorbereide afdeling: Nika Bester
Baie dankie aan ds. Joggie Kotzé wat sy passie vir redenaars na die harte van hierdie leerders oorgedra het. Ons sien uit na die Interhoër op 29 Julie by Hoërskool Piet Potgieter.