Nuwe personeel vir Laerskool Thabazimbi

Mnr Ross Jordaan.
Mnr Ross Jordaan.
Mev Magda van der Linde.
Mev Magda van der Linde.

Laerskool Thabazimbi verwelkom twee nuwe kollegas op die personeel van 2015 naamlik mev Magda van der Linde en mnr Ross Jordaan. Mev Magda van der Linde is aangestel vir die eerste kwartaal in die Grondslagfase, waar sy gaan aflos in die plek van Mev Anneonette van den Berg (graad 3/61) wat tans tuis is met kraamverlof. Mnr Jordaan het ‘n graad in Sportwetenskappe te Stellenbosch verwerf en daarna sy NGOS te Noordwes Universiteit. Hy is aangestel as vakhoof verantwoordelik vir Liggaamlike Opvoeding graad 1 – 7. Mnr Ross is ‘n Springbokatleet en beslis ‘n groot aanwins vir Laerskool Thabazimbi.