Ghostrider Mcc gee weer

THABAZIMBI – Ghostriders Mcc het op Saterdag 25 Oktober om ongeveer 11:00 ‘n oggend tee vir die bejaardes van Huis Immergroen gehou. Tydens die verrigtinge is ‘n skoen boks en ‘n stel handdoeke aan elke bejaarde, wie die oggendtee bygewoon het, oorhandig deur die lede van die Ghost Riders Mcc Thabazimbi.
Die skoenboks projek is deur die lede van Thabazimbi Ghost Riders Mcc en Thabazimbi Macs’s ondersteun en bedrae is ingevorder om geskenkies vir elke bejaarde persoon the koop. Die dames van die klub het verskeie eetgoedjies gemaak en die oggend saam met die bejaarde persone geniet. Analise Claasen, lid van Thabazimbi Ghost Riders Mcc, word bedank vir haar harde werk en haar inisiatief om die projek voor te stel. Hulle wil graag ook elke borg bedank vir hul bydrae om die projek moontlik te kon maak. President van Thabazimbi Ghost Riders Mcc, Jaco Henning, het tydens die verrigtinge gesê dat die doel van die projek is om aan die gemeenskap te wys dat die “bikers” ook mense is en omgee vir die gemeenskap. Dit is die tweede jaar wat die bejaardes van Immergroen ondersteun word deur hierdie klub.