Sport

Oornag Kompetisie by Northam Konsentrator

THABAZIMBI  – Die Thabazimbi Hengelklub het die afgelope naweek hul maandelikse kompetisie vir April by Northam se konsentratordam aangebied.  Nieteenstaande die feit dat dit ‘n oornag-kompetisie was, met die reënbuie wat gedreig het om uit te sak, het ‘n groot aantal hengelaars die dam aangedurf.

Die kompetisie het Saterdag om 14:00 afgeskop en ten einde geloop op Sondag 14:00. Die wenners is bepaal deur die hengelaars wat die meeste punte bymekaar gemaak het. Punte is bereken op 10 punte per vis en 10 punte per kilogram.

Die klub is ernstig besig met voorbereiding vir die Bosveldtrofeekompetisie wat plaasvind tussen die vier omliggende myne. Dit beloof om ‘n groot gebeurtenis te wees vir die plaaslike hengelaars en daar heers groot opgewondenheid. Thabazimbi Hengelklub is hierdie jaar die gasheer en bied die trofee-kompetisie by die Northam Konsentrator aan.

Die afgelope naweek se wenners was as volg gewees:

Meeste Punte Cubs Afdeling: Eerste – Jana Bezuidenhout.

Meeste Punte Penkoppe: Eerste – PJ Bezuidenhout; Tweede – Tommie Swanepoel; Derde – Theaan Scheepers.

Meeste Punte Juniors: Eerste – Deon Bender; Tweede – Martin Scheepers; Derde – Johan Fourie.

Meeste Punte Dames: Eerste – Nicolene Heydenrych.

Meeste Punte Seniors: Eerste – Piet Bezuidenhout; Tweede – Ralph Kissack; Derde – Hannes Scheepers.

14-Thaba Hengel wenners

Foto links:

Die wenners van die afgelope naweek se kompetisie is vlnr: Heel agter: Piet Bezuidenhout, Ralph Kissack en Hannes Scheepers. Middel:  Nicolene Heydenrych, Johan Fourie, Martin Scheepers en Deon Bender. Voor: Tommy Swanepoel, Theaan Scheepers en PJ Bezuidenhout. Heel voor: Jana Bezuidenhout.