BCVO Noord Transvaal Atletiekspan

14-Bosveld Akademie groep

Twaalf leerlinge van Bosveld Akademie op Thabazimbi is ingesluit om as deel van die BCVO Noord Transvaal Atletiek span aan die BCVO SA kampioenskap te Sasolburg te gaan deelneem. Almal het baie goed gedoen, maar Ockert Goosen en Nicolet Trichardt het besonder goed gedoen met eersteplekke in hul onderskeie items.

Op die foto is die deelnemers van Bosveld Akademie. Hulle is vlnr voor: Nicolet Trichardt en Elmari Muller. Middel: Divan Muller, Louis Trichardt en Juandré Barnard. Agter: Doné Roets, Wilhelm Pistorius, Anton Barnard en Suleen Schutte. Afwesig: Ockert Goosen.