NWU Interprovinsiale sportreeks
POTCHEFSTROOM – Ter voorbereiding van die Wintersportliga het Hoërskool Frikkie Meyer deelgeneem aan die NWU Interprovinsiale sportreeks wat rugby, hokkie en netbal insluit. Die ses skole wat deelgeneem het was, Ben Vorster, Standerton, Montana, Lichtenburg, Oosmoot en Frikkie Meyer. Die finaal het plaasgevind op 21 Maart op die sportgronde van die NWU – Potchefstroom. Hoërskool Frikkie Meyer se o/14 A rugbyspan is aangewys as die wenners teen Hoërskool Ben Vorster, met 15-13. Die finale reeks se uitslae is as volg tussen ses skole, Hoërskool Ben Vorster tree as wenners uit en HFM is in die derde plek.
Die o/14 A-span het op Vrydag 21 Maart tydens die NWU – Interprovinsiale byeenkoms daarin geslaag om die span van Ben Vorster (Tzaneen) met 15-13 te klop. Hulle het in die kwalifiserende rondte bo aan die punteleer geëindig in hul pad na die wedstryde van Lichtenburg en Oos Moot. Dit is die eerste keer sedert Frikkie Meyer se deelname aan die reeks dat ‘n rugbyspan as alleenwenners van die kompetisie eindig. In 2013 het die o/15-span gelykop gespeel met Ben Vorster en die eerste plek gedeel. Baie sterkte ook met die toer na Warmbad – ons glo dat dit ook daar goed sal gaan.