Interprovinsiale Gholf toernooi
Foto links:
Ananda Lategan, ‘n Gr 9-leerling van Hoërskool Frikkie Meyer is geïdentifiseer om die Limpopo Provinsie te verteenwoordig tydens die Suid-Afrikaanse Hoërskole Gholfunie se Interprovinsiale Toernooi vir dogters. Die toernooi vind plaas op Volksrus vanaf 30 April tot 2 Mei. Hartlik geluk en daar word vertrou dat hierdie ‘n uitstekende leerskool en ondervinding vir haar sal wees.