Inwoners moet weer boet
THABAZIMBI – Dit het in dié week aan die lig gekom dat die Thabazimbi Plaaslike Munisipaliteit, rekeninge uitstuur waar ‘n bedrag van R719.30 gehef word vir wielasblikke. Die doel van die asblikke is om te verseker dat vullissakke nie deur diere op die sypaadjies verskeur word nie.
Die DA is besig om ondersoek in te stel rakende hierdie saak.
Geen vooraf kommunikasie is met inwoners gemaak deur die munisipaliteit om seker te maak of die inwoners hierdie asblikke wil hê, of nie.
By navraag, deur die DA, kon sekere amptenare nie antwoorde verskaf oor hoe inwoners te werk moet gaan as hulle nie hiervoor wil betaal, of die asblikke wil hê nie. Net die finansiële bestuurde of munisipale bestuurder kan volledige antwoorde verskaf.
Die hoof finansiële bestuurder kon nie telefonies of by sy kantoor bereik word, voordat hierdie berig geplaas is nie. Die DA poog egter steeds om meer klaarheid ten opsigte van hierdie rekeninge in te win. Teen Maandag (7 April) behoort ‘n antwoord op elektroniese wyse versprei te word. Geen huishouding het nog op hierdie stadium asblikke van die munisipaliteit ontvang nie, dus word die inwoners inherent gedwing om vir ‘n diens te betaal wat nog nie deur die munisipaliteit gelewer is nie
Onthou om die IDP vergadering in jou omgewing by te woon op die verskillende datums wat verskaf is op bladsy 11.
Sluit aan by www.facebook.com/DAThabazimbi om eerstehandse inligting omtrent hierdie saak te ontvang.
