Steeds bly alles dieselfde
Alle Afrika regerings is korrup, die res van die wêreld weet dit, maar doen niks daaromtrent nie. Hoekom nie? Vir een rede, naamlik dat swart regerings, hul kaders in uitvoerende posisies en almal wat iets met geld te doen het, omkoopbaar is.
Daarom sit ons in Suid-Afrika met ‘n president wat nie die posisie verdien nie. Wat met sy agtergrond as lid van ‘n bevrydingsmag wat aan bewind gekom het, nie die vaagste benul het wat demokrasie en die uitvoering daarvan behels nie.
Demokrasie het hom aan bewind gestel en hy gebruik belastingbetalers se geld, wat veronderstel is om die land, en veral die arm mense, se sosiale omstandighede te verbeter, om sy eie leefstyl tot die van ‘n monarg te verhef.
Daarom gaan hy vrygestel word van alle aanklagte van korrupsie teen hom en word sy verskoning dat hy nie gevra het vir al die verbeterings wat aan Nkandla, sy Zulu-Paleis, gedoen is nie, aanvaar. Motoriste het in die einste demokratiese bestel ook nie gevra vir die e-tol stelsel nie, maar vir hulle geld die verskoning nie.
Feit is, ons sit met ‘n korrupte president wat nes sy buurman, Robert Mogabe, so lank as moontlik in die leierstoel gaan sit nieteenstaande die aanklagte teen hom.
Die rede? Die swart mense wat voorheen vir die ANC gestem het se simpatie lê steeds by die ANC, al is hulle die mense wat die meeste verloor as gevolg van die ANC se korrupte beleid. Hulle glo steeds vas dat die ANC na die verkiesing beslis na hulle wel en weë gaan omsien. Ongelukkig is dit in die ANC-volgelinge se oë reg dat die president geld op homself mag spandeer, want hy moet mos as leier van die land wys hoe ryk hy is.
Dit is hierdie korrupsie wat die Oostenrykse firma laat betrokke raak by die verskaffing van die hoogs gespesialiseerde e-tolstelsel op Gauteng se paaie. Hulle het geweet dat daar bitter min van die e-tol inkomste oor sal wees wat vir die opgradering van die paaie aangewend kan word nadat hulle en die korrupte regeringsorganisasie wat hiermee gemoeid is, al die room afgeskep het. Daarby het hulle ‘n lopende inkomste want hulle bedryf die stelsel.
Die wêreldhof behoort ‘n beslissing uit te spreek om hierdie tipe van firma aan korrupsie skuldig te bevind, en al moet hulle bankrot speel, van hulle die geld verhaal wat die stelsel gekos het, of dat hulle dit op eie koste moet kom verwyder. Die lande waarin hierdie firmas gesetel is behoort ook beboet te word.
Maak ‘n voorbeeld van al die buitelandse firmas wat van korrupsie gebruik maak om met Afrika sake te doen.
Daar is nie baie tyd oor om dit te doen nie, want die nuwe generasie kolonialiste is reeds hier. Dit is net ‘n kwessie van tyd voordat China, Indië en die ander BRIEK lande hul kloue gaan inslaan en ontslae gaan raak van alle swart regerings in Afrika. Dit sê ook nie veel vir die swart werkers wat staak nie. As die Chinese eers ‘n voet in die deur kry om die myne te bekom wat dalk vanweë die stakings hul deure moet sluit, sal alle stakers, wat op daardie stadium reeds hulle werk verloor het omdat die myn gesluit het, vervang word deur Chinese wat nie mag staak nie.
Kommunisme het beslis ‘n voordeel wat deur die eeue heen nog nooit deur Afrika se swart inwoners besef is nie, naamlik dat oorsese kommunistiese regerings hulle ‘n rat voor die oë gedraai het en hulle slegs gebruik om die pad vir herkolonisasie netjies uit te plavei.