Ghost Riders se Poker Run

THABAZIMBI – Die Ghost Riders van Thabazimbi het op Saterdag 29 Maart 2014, ‘n Poker Run gehou. Die deelnemers het weggespring by Khaya-Kwa, waar Dwane von Castricum en sy vrou Annebelle die eerste inskrywings was.

Die roete het uit 210km bestaan wat Leeupoort, Krokodil en Mawala ingesluit. Die spanne is uitgesit waar deelnemers hul kaarte kon trek.

By elke stop kon deelnemers ‘n gratis drankie wen, ‘n kaart wat jou ‘n gelukkige trekking verseker asook iets koop om te eet. Die laaste stop was by Kwaggas Put waar daar lekker gesellig verkeer was. Die prysuitdeling en trekking van ‘n rooibok vir Helpende Hande en ‘n paar gelukkige trekking pryse het ook daar plaasgevind.

Die dag se eerste plek wenner was Annelize Botha wat ‘n trofee en ‘n kontant prys ter waarde van R600 ontvang het. Die dag was ‘n groot sukses sonder enige ongelukke en hulle kon dit nie doen sonder hulle borge vir die dag en die gemeenskap se hulp nie. ‘n Gedeelte van die wins gaan aan ‘n liefdadigheidsorganisasie wat geïdentifiseer sal word op die klub se volgende vergadering op 22 April.

‘n Groot woord van dank aan die volgende borge: Khaya-Kwa, Mawala Lodge, Krokodil, Leeukrans Pub, Kwaggas Put, Dyno by Juice, Salon Le Chic, Autozone en UASA asook alle klub lede se hulp en werk wat dit moontlik gemaak het.

14-Ghost R 1 Foto links:

Vlnr: Henk Botha (Master@Arms), Annelize Botha die poker run wenner en Marius Olivier (President)

Want to Receive Weekly Kwevoel Updates in Email?

We don’t spam! Read our privacy policy for more info.