DA vul gate

Raadslid Bertie Joubert, besig om te help met die herstelwerk van die Doornhoek-pad.
Raadslid Bertie Joubert, besig om te help met die herstelwerk van die Doornhoek-pad.

THABAZIMBI – Die DA Thabazimbi in samewerking met Dries Raath junior en senior is besig om die pad na die Doornhoek kleinhoewes asook Akasiapark te herstel.

Ander sakelui het ook oor die loop van tyd bygedra met die herstelwerk van die pad. Die pad is in 2002 gebou deur ‘n privaat instansie, waarna dit oorgedra is aan die Thabazimbi Plaaslike Munisipaliteit. Die pad het sedertdien sy ontstaan nog geen instandhoudingswerk vanaf die plaaslike munisipaliteit ontvang nie. Aangesien meer as 60 gesinne daagliks van hierdie pad gebruik maak, beskadig die pad baie vinnig, veral in die reënseisoen.

Ten danke aan sakelui soos Dries kan die pad herstel word. Die kostes per herstelsessie beloop tussen R10000 tot R13000 en dit is al die derde keer dié jaar dat herstelwerk gedoen word.

Die Thabazimbi Plaaslike Munisipaliteit het op ‘n keer bevestig dat hulle aandag aan die pad sal skenk. Inwoners van die dorp word versoek om die IDP-vergadering op Woensdag 16 April om 17:30 by die Biblioteeksaal in Vierdelaan by te woon. Tydens die vergadering gaan die voorgestelde IDP en begroting vir 2014/2015 bespreek word. Geleentheid sal tydens die vergadering aan die inwoners gebied word, om vrae te stel.

Want to Receive Weekly Kwevoel Updates in Email?

We don’t spam! Read our privacy policy for more info.