Kwêvoël ontvang toekennings

490LiN Michell en Pieter

Kwêvoël het die afgelope naweek met twee pryse weggestap tydens die jaarlikse LiN-Media Toekenningsfunksie wat vanjaar by die Shangri-La hotel en konferensiesentrum, tussen Bela-Bela en Modimole, aangebied is. Michell Loubser, fotograaf by Kwêvoël, is in vier van die vyf fotokategorieë benoem en het ‘n derdeprys in die afdeling “Features” ontvang terwyl Pieter Coetzee die derdeprys in die bylaag kategorie vir Vriendin ontvang het (sien wenfoto hierby). Kwêvoël het tydens ‘n vorige LiN-Media toekenningsgeleentheid die eersteprys-toekenning vir die beste Webblad ontvang. Altesaam agt onafhanklike koerante, met ander woorde koerante wat nie aan enigeen van die groot publikasie-huise soos Media 24 of Caxton behoort nie, het in die onderskeie kategorieë deelgeneem. Hierdie koerante verteenwoordig dan ook die room van die onafhanklike plaaslike koerante in die Limpopo Provinsie. Drie van die agt koerante, naamlik Kwêvoël, Die Pos (Bela-Bela) en Zoutpansberger (Louis Trichardt) is almal ongeveer dertig jaar of meer in diens van hul onderskeie gemeenskappe. Meer as 160 inskrywings is vir al die verskillende kategorieë ontvang en is deur lektore verbonde aan die Tswane University of Technology beoordeel.

Want to Receive Weekly Kwevoel Updates in Email?

We don’t spam! Read our privacy policy for more info.