Skool vir spesiale behoeftes hou Bosveld Makietie
THABAZIMBI – Die Spitskop Special Needs School (SSNS) het op Saterdagaand 12 Oktober sy eerste informele fondsinsamelingsfunksie vir die jaar, in die vorm van ‘n Bosveld Makietie gehou.
Meer as 200 gaste het die aand ondersteun deur kaartjies vir sitplekke aan die 24 stylvol opgemaakte tafels te koop. Franco Loots het as gasheer opgetree en die informele verrigtinge met sy kenmerkende skerp sin vir humor behartig. Die gastekunstenaars, Silwer en Goud, David Fourie en NRG, het almal in die regte stemming gebring terwyl daar heerlik aan die buffetete gesmul is.
Hierdie fondse gee SSNS weer ‘n gesonde hupstoot in sy doelwit om die potensiaal by leerders te verseker deur ondersteuning te bied vir groei en ontwikkeling. Spitskop Special Needs School bedank elkeen wat die aand bygewoon het en elke betrokke party wat tot die reuse sukses van die aand bygedra het.
Dié persone verbonde aan Spitskop Special Needs School was die hele aand aan diens en het verseker dat die gaste bedien word en was ook verantwoordelik vir die opruiming van die tafels. Hulle het ‘n groot aandeel by die skool, waar hulle help met die leerders wat tans daar is.
Foto
Silwer en Goud was een van die vermaaklikheidsgroepe wat tydens Spitskop Special Needs School se Bosveld Makietie op Saterdagaand 12 Oktober opgetree het.