Twee visse met een kap
SETARIA – Die hengelklub het vir September twee kompetisies aangebied om almal wat wou hengel te kon akkommodeer.
Die eerste kompetisie was op Sondag 9 September en die tweede kompetisie is op Sondag 29 September by die Northam Konsentrator Dam aangebied.
Die weer was mooi en die hengelaars het swaar sakke vis ingeweeg.
Die wenners is bepaal deur die hengelaars wat die meeste punte bymekaar gemaak het. Punte bepaal deur 10 punte per vis en 10 punte per kilogram.
Die uitslae is as volg: Cubs: Jayson Loots (eersteplek). Penkoppe: Tommy Swanpoel (Jnr) (eersteplek), Dalize Botha (tweedeplek) en Johann Coetzee (derdeplek). Juniors: Martin Jooste (eersteplek), Shaun Pieterse (tweedeplek) en Andries Jooste (derdeplek). Dames: Nicolene Heydenrych (eersteplek), Desré Pretorius (tweedeplek) en Martie Murray (derdeplek). Seniors: Tommy Swanpoel (eersteplek), Piet Bezuidenhout (tweedeplek) en Leon J v Vuuren (derdeplek).
Die wenners Septembermaand se hengelkompetisie, agter vlnr: Desré Pretorius, Leon J v Vuuren, Tommy Swanepoel en Piet Bezuidenhout. Middel: Nicolene Heydenrych, Martin Jooste, Shaun Pieterse en Andries Jooste. Voor: Tommy Swanepoel, Johann Coetzee en Dalize Botha. Afwesig: Martie Murray en Jayson Loots.