Daar’s ‘n trein?
Hierdie toneel laat enige ouer na sy asem snak. Skoolkinders loop doodluiters deur die afgebreekte deel van die betonpalisade by die spoorlyn in Warmbadweg, om kortpad oor die treinspoor te vat na Laerskool Ysterberg. Wat meer kommerwekkend is, is dat dit nie ‘n stilstaande trein is nie, maar een wat stadigaan beweeg. Die kinders, van so jonk as ses jaar, wag hul “kans” af om deur die treintrokke te klouter om aan die ander kant van die spoor te kom. Transnet is al radeloos oor hierdie daaglikse aktiwiteite en maan die publiek, om vir veiligheidsredes, nie oor die treinspoor te stap nie.