General

Nog vyf stropers vasgetrek

LEPHALALE – Vyf verdagtes het verlede Vrydag in die hof in Lephalale op aanklag van renosterstropery verskyn. Die mans is verlede week by hulle huise in Lephalale en Vaalwater in hegtenis geneem en kan moontlik verbind word met renosters wat in November verlede jaar op Steenbokpan en op ‘n plaas tussen Lephalale en Vaalwater gestroop is.

Volgens die Lephalale veediefstaleenheid het die mans die ondersoek beamptes na die plek gevat waar hulle verlede jaar ‘n jaggeweer op ‘n plaas op die Visgatpad net buite Lephalale gesteel het.

Hulle het vir die polisie ook die plek gewys waar hul twee renosters kort daarna gestroop het. Die saak is uitgestel en word steeds ondersoek. LiN NUUS/Noordelike Nuus