Honger magies word gevul

THABAZIMBI – Eagle Mountain Spur het onlangs meer as vyftig honger magies met smaaklike sop gevul deur hul onbaatsugtige skenking aan die Tshepong liefdadigheidsorganisasie.

Tshepong is ‘n organisasie wat minderbevoorregte mense, veral kinders, help. Daar is tans vyftig afhanklike kinders wat daagliks op ‘n bord voedsame kos staatmaak.

Die kleinspan bedank graag vir Spur vir hul bydrae asook ondersteuning. Na die genotvolle ervaring is elkeen huiswaarts met sy eie Spur ballon.

Die sentrum beskik ook oor rekenaarfasiliteite, waar hulle waardevolle ervaring kan opdoen asook toegang tot tegnologie kan verkry om hul skooltake volgens standaard te voltooi. Daar is verskeie aktiwiteite wat die personeel met die kinders verrig. Vir meer inligting, kontak Anneke by office@letlapapula.co.za.

26-Tshepong 146

Personeel van Spur saam met Anneke van Tshepong.