Vele kompetisies by Landbouskou

THABAZIMBI – Daar is vanjaar weer ‘n hele handvol kompetisies by die Landbou- en Nywerheidskou. Die talentvolles onder die gemeenskap kan dinge behoorlik uitspook om te bepaal wie nou eintlik die beste van die bestes is. Skoonhede kan Ursula Roux kontak by 083 584 6061 om in te skryf vir Mej Thabazimbi Skou, sowel as vir Thaba het Talent. Mammas kan Christine Venter kontak by 082 880 5704 vir die Baba- en Kleuterfotokompetisie (sien bladsy 3 vir meer besonderhede), terwyl die ernstige hondetelers vir Ernst Trichardt kan kontak by 079 708 9391 om in te skryf vir die Hondekompetisie. Jan “Plaas” van der Merwe kan gekontak word by 083 462 2738 vir die Slagoskompetisie.