WES by BOY-konferensie
GEORGE – WESenterprises se landbou-afdeling, WESagri, het ‘n B.O.Y. “Beginning Of Year” konferensie te Oubaai, George, bygewoon. Elke jaar word hierdie konferensie deur ARGO Industrial (Edms) Bpk, wat die verskaffers van Landini- en McCormick-trekkers is, aangebied.
Die konferensie gaan oor die bekendstelling van nuwe reekse trekkers en strategieë rondom bemarking en verkope word ook bespreek. Al die verteenwoordigers van alle streke, waarvan WESagri een is, word genooi om dit by te woon.
ARGO was ook die top verkoper van trekkers tot en met 80kW verlede jaar (2012). Daar word nou gepoog om meer van die hoër kW reeks trekkers, landswyd te bemark. Indien enige navrae, kontak WESagri gerus en hou die spasie dop.
Tommie Pretorius, Algemene Bestuurder van WESagri, Thabazimbi, hier saam met Ray Dylan, wat as gaskunstenaar opgetree het, tydens die BOY-konferensie. AGRO het die bestuurspanne van verskillende takke regoor die land byeengebring om die nuuste Landini-trekkerreekse te bespreek.