Thaba verwelkom nuwe herderspaar
THABAZIMBI – Die nuwe predikantspaar van die Afrikaanse Protestantse Kerk Thabazimbi en hul gesin is op Saterdag 27 April, verwelkom.
Gedurende die verwelkomingsgeleentheid is Dominee Adriaan Appelgryn ook in die amp bevestig.
Die gesin het vanaf Kleinfontein, naby Rayton, verhuis waar hulle sowat 13 jaar gewoon en gewerk het tesame met die afgelope vier jaar waartydens ds Adriaan aan die Afrikaanse Protestantse Akademie gestudeer het.
Die predikantspaar bedank graag die kerkraad en die susters van die APK Thabazimbi, sowel as die Susterskerke, hulle familie en vriende en almal wat gehelp het om hierdie ‘n besonderse dag te maak. Almal het bygedra dat hulle hartlik welkom voel by hul nuwe tuiste en gemeente.
Hulle spreek verder die hoop uit om so gou doenlik volwaardige lede van die gemeenskap van Thabazimbi te word. “Ons is voorwaar bevoorreg om so mooi deel van die bosveld met julle te kan deel.” Het hulle aan Kwêvoël gesê.
Ds Adriaan Appelgryn en sy gesin tydens die verwelkomingsgeleentheid op Saterdag 27 April. Agter: Ds Adriaan Appelgryn. Voor vlnr: Nicolaas, Christiaan, Daniell, Anelda en me Zelda Appelgryn.