Bosveld Oord vier 31ste
THABAZIMBI – Bosveld Oord het verlede Donderdag, 2 Mei, hul 31ste bestaansjaar gevier. Die Oord is in Mei 1982 in gebruik geneem met hul eerste inwoner, Rietie du Plessis, wat vir 17 goue jare ‘n deel van die Oord-gemeenskap was. Sy is in die rype ouderdom van 96 jaar oorlede. Haar dogter, Marie du Plessis, is tans ‘n inwoner van Bosveld Oord. Saam met die feesvieringe, is daar ook makietie gehou vir die inwoners wat in April- en Meimaand verjaar.
Die April- en Meimaand verjaarsdae van Bosveld Oord is, agter vlnr: Jan Bezuidenhout, Hester van Heerden en Hannetjie du Plessis. Voor: Soon de Clerq, Wisa Joubert en Dieta Bronkhorst. Afwesig: Neels Grobelaar en Jan Venter.