Mathys Roets en Ses Snare op Thaba

THABAZIMBI – Mathys Roets span op 25 Mei sy talente saam met die bekende groep Ses Snare vir æn spesiale konsert ter viering van die nuwe, beter en groter “Super KunsteGrot”.

Die KunsteGrot is reeds vir etlike jare onder leiding van die uiters bekwame Rita Volschenk wat in die verlede verskeie top produksies en kunstenaars na Thabazimbi gebring het.

Vir die openingsaand, is daar æn spesiale vertoning met Mathys en die Ses Snare. Bespreek sommer nou, volgens Rita beloof die geleentheid om ‘n “altyd onthou-aand” te wees.

Vir alle navrae en besprekings, kontak Rita by 083 744 8559 of rivol@telkomsa.net.

Mathys was in 2008 een van die stigterslede van die groep Ses Snare, maar het aan die einde van 2011 die groep verlaat om meer aandag aan sy eie loopbaan te gee.

Sedertdien speel Mathys nog gereeld saam met die Snare wanneer een van die ander lede nie beskikbaar is nie. Vir die konsert op 25 Mei kan die gehoor verwag om die meeste van Mathys en Ses Snare se bekendste liedjies te hoor.

Tydens æn oefenkamp, genaamd “Kamp Staalsnaar”, wat in Januarie net buite Thabazimbi op æn wildplaas gehou is, het die manne nege nuwe liedjies ingestudeer. Daaronder is Somebody to love van Queen, Seven Bridges Road van The Eagles, Play me van Neil Diamond, Ring of Fire van Johnny Cash en æn paar treffers van The Beatles soos Let it be, Yesterday en Hey Jude.

Die program bevat ook treffers van onder ander The Travelling Wilbury’s, Leonard Cohen, Albert Hammond, ‘n liedjie om hulde te bring aan Lucas Maree en natuurlik glip Dire Straits ook weer by die agterdeur in.

Beide Mathys en Ses Snare se nuutste cd’s en dvd’s sal by die konsert te koop aangebied word.

Mathys en Snare

Mathys Roets, tesame met Ses Snare, gaan sorg vir ‘n super openingsaand vir die nuwe, groter en beter KunsteGrot op 25 Mei 2013.