L/S Koedoeskop se Skaak-trots
KOEDOESKOP – Die Platina Unie Skaaktoernooi het op Saterdag 20 April by Laerskool Koedoeskop plaasgevind.
Twintig knap skaakspelers van Laerskool Koedoeskop het aan hierdie toernooi deelgeneem, waarvan vier gekies is vir die Interprovinsiale Platina-span.
Hierdie toernooi vind plaas op 11 Mei te Kimberley. Die spelers is: Nia Naudé (o/7), Gerdro Glober (o/8), Gustav Grobler (o/11) en Luan Botha (o/12). Foto’s: Gerda Botha.
Nia Naude (o/7).