Community

Northam VLU presteer by konferensie

NORTHAM – Northam VLU-tak het die besondere prestasie behaal om aangewys te word as die beste tak uit die nege takke in die Bosveldstreek tydens die jaarlikse Streek Konferensie wat vanaf 12 tot 13 Maart op Ellisras plaasgevind het. Buiten dit is Annatjie Dreyer, ook van Northam-tak, as die nuwe voorsitster van Die Bosveld Streek aangewys.

Die eerste dag, 12 Maart, was bestem vir blommerangskikking, en dit was voorwaar interessant om al die verskillende blommerangskikkings te sien. Baie inisiatief is aan die dag gelê en pragtige ruikers het die lig gesien.

Daarna is hul na Riverbed Lodge waar hulle gesellig verkeer en oornag het. Die volgende more was almal vroeg uit die vere, en het reg gemaak vir die konferensie. By die konferensie is almal verwelkom en voorgestel.

Die gasspreker van die dag was Carina Stander. Verkiesings en prysuitdelings was ook aan die orde van die dag. Groot was die verbasing toe Northam Vlu Tak uit 9 takke van die Bosveldstreek as tak van die jaar aangewys word.

Die tak se dames het ook pryse vir hul handwerk ontvang. Hannetjie du Plessis en Marie Meintjes het 3de plek ontvang vir hul boekoortreksels. In die afdeling vir die broomsticklace het Marie Meintjes 3de plek behaal. Met die borduurwerk was Dina Smith in die 2de en Marie Meintjes in die 3de plek. In die afdeling vir breiwerk was dit weereens Marie Meintjies met ‘n 3de plek. Daar was ook ‘n lapverf-afdeling waarin Marinda Gagiano 2de plek behaal het. In die afdeling vir gebak het Ursula Joubert 2de plek behaal vir haar klapperys. Ook het Northam Vlu tak 3de plek behaal met hul tak album.

Die tak verwelkom ook vir Annetjie Dreyer as die nuwe streeks  voorsitster.

Baie geluk aan al ons dames met hul toekennings en baie dankie vir al die harde werk. Vir enige verdere inligting kontak Marinda Gagiano 083 785 2274 of Maritza Hasebroek 072 240 9165.

13-VLU Northam trofees

VLU Northam-tak lede met die huiswerk is agter vlnr: Maritza Hasebroek, Hannelie Botha, Pam Botha, Chantelle Steynberg, Mari Meintjes en Hannetjie du Plessis. Voor: Angela Potgieter, Jenny Streak, Annetjie Dreyer en Sandra Janeke. Heelvoor Annetjie de Waal.