Community

Die Hare het behoorlik gewaai op Rooiberg

Deur Tobie Lombard

 

ROOIBERG – Saterdag 23 Maart was letterlik ‘n reënboog dag vir inwoners en besoekers in Rooiberg. Groot, klein, manlik en vroulik is nie ontsien deur KANSA verteenwoordigers om fondse vir hierdie ongelooflik belangrike saak. Fondse vir die bemagtiging vir die groot K. Die groot K ontsien niemand. Oud of jonk, ongeag ras of kleur. Kanker is almal se moses.

Saterdag 23 Maart was die groot dag vir niksvermoedende inwoners van Rooiberg. ‘n Span vroue onder leiding van die bekwame Magdel Schroda het die dorp eiehandig op horings geneem. Lucinda en Wilna van Kansa asook Natasha van Thabazimbi Kansa het ewe fluks gehelp dat die dag op die einde van die dag as ‘n “reuse sukses!” bestempel is.

Gewoonlik word bedrae nie genoem na afloop van so ‘n plesier-dag nie. Dit is egter insiggewend dat die bedrag van R4675 op ‘n klein dorpie soos Rooiberg ingesamel is. Duidelik het die inwoners en besoekers ‘n oop hand gehad vir ‘n lofwaardige saak. Bo en behalwe die hare snyery en –kleur was daar pannekoek en die aller fraaiste kaartjies te koop. Die pannekoek tafel is geborg deur Eugene van Niekerk en hy en vroulief Barbie het meer as R1000 ingesamel.

Die baie noodsaaklike navorsing om ‘n geneesmiddel vir alle kanker tipes is reeds ver gevorder maar baie, geweldig baie meer moet nog gedoen word. Die afgelope tien jaar word landwye Shavaton dae gehou waartydens gewillige mense se hare geskeer, gekleur en verfonkfaai word. Alles natuurlik in ‘n baie gemoedelike atmosfeer.

Die vraag is aan organiseerder Magdel Schroda gevra of dit ‘n eenmalige gebeurtenis is. Sy het met erns gesê dat inwoners binnekort weer so ‘n dag kan verwag en dit sal ‘n voortdurende projek wees. Sy kan gekontak word by 072 368 6369.

OLYMPUS DIGITAL CAMERA

Die egpaar Eugene en Barbie van Niekerk by hulle pannekoek tafel. Eugene het al die bestanddele geborg en die flukse egpaar het ‘n raps meer as R1000 ingesamel. R500 is aan die skoolbus projek van Laerskool Koedoeskop geskenk.