Northam Hengelklub wen Bosveldtrofee

THABAZIMBI – Die jaarlikse gewilde hengelkompetisie, die Bosveldtrofee, het gedurende die naweek van 16 en 17 Maart plaasgevind.

Hierdie kompetisie word jaarliks aangebied tussen die vier omliggende myne naamlik, Thabazimbi, Northam, Amandelbult en Swartklip. Elke myn kry beurtelings die geleentheid om op te tree as gasheer. Hierdie jaar was Amandelbult die gasheer.

Volgens hengelaars was ‘n tawwe kompetisie wat gekoppel was aan uithouvermoë en deursettingsvermoë. Hier is die manne van die muise geskei en het net die sterkes die deurnagsessie en die walle oorleef.

Die wenners is bepaal deur 10 punte per vis en 10 punte per kilogram.

Baie geluk aan Northam wat weereens die meeste punte bymekaar gemaak het en sodoende die eersteplek verower het.

In die tweedeplek was Thabazimbi Hengelklub wat in 2014 die Bosveldbeker gaan aanbied.

In die derdeplek was Swartklip, baie geluk aan hierdie span wat hulle ook nie deur die nagsessie en die walle laat stuit het nie.

In die vierdeplek was die Amandelbultspan wie se spangees en gasvryheid uitmuntend was.

Northam Plats spog met die hengelaar wat die swaartse sak vis gevang het naamlik Maurits Claasen, baie geluk aan hierdie jong man wat die gesoute hengelaars al geruime tyd ore aansit.

Thabazimbi se hengelaars het gesorg vir die grootste Karp gevang deur Johan Snyman, die grootste Kurper gevang deur Ralph Kissack en die swaarste Barber gevang deur Seandré van Staden. Knapgedaan aan hierdie hengelaars.

Die klubbestuurder van Amandelbult, Coenie Barbard en sy span word bedank vir hul gasvryheid asook vir die mooi trofeë wat hulle tot die kompetisie bygevoeg het.

Chris Welgemoed en Desre Pretorius van Thaba Boog & Hengel word ook bedank vir die pryse wat geborg is. Thabazimbi Hengelklub bedank hul ook vir die borg van hul hemde, wat ‘n jaarlikse instelling is.

Demsie du Toit en sy span van Northam Plats word bedank vir die gebruik van hulle dam asook die hulp tydens die inweeg.

13-TBZ Hengel Mauritz

Maurits Claasen het die swaarste sak vis gevang.