Die bejaardes van Thabazimbi was Woensdag 27 Maart weer uitgenooi na die jaarlikse Aliza-Aviela nagmaal. Dit het voorafgegaan met ‘n nagmaal diens by die NG Kerk Thabazimbi en daar was na die diens ‘n lekker gekookte ete wat deur die susters van die Kerk voorberei is. Op die foto is Oom Jan en Bettie van den Berg, Tannie Hanlie Steenekamp en Hentie Botha.

