Pretloop saam met woefters
THABAZIMBI – Thabazimbi Animal Rescue (TAR) beplan om op Saterdag 6 April ‘n fondsinsamelingsdag in die vorm van ‘n pretdag te hou.
Die pretdag sal op Laerskool Thabazimbi se A-veld plaasvind. Vermaak sluit in: ‘n sanger, hondeskou om 10:00 en ‘n piekniek. Die pretstap saam met jou woef is om 8:30, maar registrasies vind vooraf plaas en toelatingsvereistes is dat die hond aan ‘n leiband moet wees en goed gesosialiseerd is met ander honde.
Voort sluit die pretdag ‘n diere aannemings geleenthede in en heerlike verversings sowel as troeteldierbykomstighede wat te koop aangebied sal word. Ikatiseng Sekuriteit sal ook ‘n demonstrasie met hul opgeleide spoorsny hond uitvoer.
Verskeie stalletjies vir die honger en dors sluit in: koeldrank, Chip Stix, Sputnix, lekkergoed en ‘n waterstalletjie. Ander stalletjies sluit sover in: diere bykomstighede, Montego dierekos, Avon en Justine en kralewerk.
Daar is hope spasie vir stalletjies. Verder benodig die organiseerders besigheidslui of entrepreneurs wat bereid is om pryse te borg vir die hondeskou-wenners of enige ander vorm van donasies soos ‘n gazebo, pamflette, plakkate, baniers, sertifikate, bakkies vir kos- en waterpunte en so meer.
Die toegang tot hierdie heerlike pretdag is gratis terwyl die inskrywingsfooi vir die hondeskou en die “dog walk” R10 per persoon en R10 per hond beloop. Die stalletjie fooi is R50 per stalletjie.
Daar sal foto’s saam met jou woeter geneem word teen ‘n fooi van R10. Hierdie foto word dan op TAR se Facebook Page geplaas ter herinnering van hierdie prettige dag.
Die organiseerders beoog om dit ‘n onvergeetlike dag maak vir mens en dier en nooi die gemeenskap om deel daarvan uit te maak.
Vir enige navrae kontak Camla by 076 184 9298 of Tania by 084 885 6487.
