Totsiens Tannie Maggie

10-Maggie Pelser

Ouma Maggie Pelser (87) is op 23 Februarie 2013 oorlede. Haar familie en vriende betreur haar afsterwe. “Moeder, Ouma, Grootouma ons gaan jou baie mis, maar ons weet dat ‘n spesiale plekkie in God se koningkryk nou gevul gaan wees.” Sy laat haar dogter, kleinkinders en agterkleinkind (Alta, Pierre, Jaco, Mollie en Henrux Faurie) agter.