Sport

3 Medaljes vir TBZ Boogklub

PIETERSBURG – Die eerste Liga Boogskiet kompetisie van die jaar het op 2 Maart by Qwin Qwa Rula Wildsplaas net buite Pietersburg plaasgevind.

Vyf skuts, naamlik Desre, Louwrens, Naas, Tiaan en Stevan het Thabazimbi tak gaan verteenwoordig. Hulle vaar besonder goed en bring twee goue en een brons medalje huistoe.

Volgens die deelnemers was die baan goed opgestel en het oor interessante en uitdagende teikens beskik, vir die meer ervare skuts sowel as die beginners.

Die koel luggie en effense reëndruppels kon nie die entoesiasme van die skuts demp nie en almal was vuur en vlam tydens die suksesvolle Liga-dag.

Die klub het op Dinsdagaand 5 Maart ‘n “fun shoot” gehou waartydens Jan Botha die prys, wat deur Thaba Boog en Hengel geborg is, verower het.

Skuts skiet Dinsdagaande by Koos Cronje skietbaan en belangstellendes word hartlik uitgenooi om die skietaande by te woon.

Die volgende Liga kompetisie word op 27 April te Phalaborwa aangebied.

10-TBZ Boogklub

Leon Janse van Vuuren oorhandig die prys aan Jan Botha wat die “fun shoot” gewen het.