Community

Thaba se eerlike inwoners

Ek bly in Potchefstroom, maar is in Thabazimbi gebore en het hier groot geword. Ek het verlede week vir my ouers op hul plaas buite Thabazimbi gaan kuier.

Verlede Vrydag was ek en my ma dorp toe en het ek per ongeluk my baba se doekesak in de parkering by die Mahindra perseel vergeet. Omtrent my hele lewe is in daardie doekesak: my huis sleutels, ID boekie, beursie, my dogtertjie se kliniekkaart… ‘n Barmhartige samaritaan het my doekesak opgetel (ek weet glad nie wie dit was nie), en dit by die kafee langs Mahindra gaan ingee.

Saterdagoggend kry ek toe weer my doekesak terug! En niks, absoluut niks, is weg nie… nie eers die R300 kontant wat daarin was nie.

Ek wil baie baie dankie sê vir die een wat dit opgetel en ingegee het. Dankie vir die persoon se eerlikheid. Dit maak my trots dat Thabazimbi sulke goeie mense het.

Dankbare doekesak dame