EPOL borg by ThabaTholo veiling!

Promosie artikel

Epol het as  borg opgetree en 12 ton wildpille en  ‘n groot kontantbedrag  aan ThabaTholo beskikbaar gestel vir al die eet en drinkgoed by die veiling.  Thaba Tholo is al vir   +- 25jaar ‘n kliënt van Epol, en sedert 2010 is Top T Voer die verskaffer van Epol aan Thaba Tholo.  Daar word tans elke twee weke ‘n vrag, 24 ton, Epol voer,  by Thaba Tholo afgelewer.

As mens kyk na die kwaliteit  en kondisie van die diere wat vir die veiling aangebied is, kan mens sien dat daar gehalte kos vir die diere gevoer word.  Kyk gerus na die foto’s van die veiling op Top T Voer se fb blad. Om  jou diere ook   in so ‘n goeie kondisie te kry, kom besoek ons gerus by die Skouterrein en kom kyk na die  wye reeks produkte wat ons aanbied.

Top T Voer  wens Thaba Tholo ook hiermee geluk met hulle baie suksesvolle veiling.