406 dooie renosters vir 2012
THABAZIMBI – Terwyl die sinnelose renosterstropery steeds ‘n groot kopseer veroorsaak, styg die renosters se dodetal daagliks.
STTU, Thaba se Specialised Tactical Tracking Unit, poog daarin om die misdadigers wat agter die stropery sit, vas te trek.
Hierdie eenheid werk nou saam met die plaaslike polisie asook Save Our Rhinos, ‘n internasionale organisasie teen renosterstropery.
In hul poging om suksesvolle operasies deur te voer, wil hulle ook bewusmaking in die gemeenskap kweek. African Sunrise film het ‘n DVD vrygestel genaamd “An Ugly Truth” wat ook as ‘n Save Our Rhino fondsinsameling gebruik word om fondse te genereer vir toerusting vir die STTU-groep.
Die DVD is beskikbaar teen R100 met ‘n addisionele R21 posgeld. Bestellings kan geplaas word by africansunrisefilm@gmail.com. Of besoek hul webwerf by www.africansunrisefilm.co.za vir meer inligting. Daar sal ook vanaf Vrydag 28 September ‘n honderd DVD’s in Thabazimbi beskikbaar wees, skakel gerus vir Pottie by 0838249400. Vir meer inligting rakende STTU, kontak Rudi Janse van Vuuren by 082 445 0965.
“An Ugly Truth”, die DVD wat deur African Sunrise Film vrygestel is, handel oor renosterstropery.