Community

Pers teen geweld en verkragting

THABAZIMBI – “Dra pers in jou hare, enige tyd van die jaar en wys dat jy omgee en saam staan teen geweld en verkragting.”
Dit is die boodskap wat deur ‘n dinamiese groep, genaamd Go Purple, landswyd versprei word. Annari du Plessis van Grossroads en ander slagoffers van verkragting het hierdie grootse bewusmakings veldtog in die Vaaldriehoek geloods en soos veldbrand versprei dit nou na die uithoeke van die land, en kruis tot selfs internasionale grense.
Go Purple vind jaarliks plaas vanaf 13 Julie tot 14 September gedurende die winter tydperk van die jaar en is simbolies van die koudste tyd in ‘n geweld of verkragting slagoffer se lewe. Die tydperk eindig in die lente seisoen en simboliseer dat dit sal beter word met die regte ondersteuning. Die pers verwys na die ongelooflike pyn na en tydens ‘n verkragting of mishandeling, maar ook oorwinning as die regte ondersteuning vir die slagoffer beskikbaar is.
Hul boodskap is om pers te gaan vir hoop, genesing en oorwinning. Hulle wil hê dat die dames vry sal wees om hul lewe oorvloedig te kan vier sonder skuldgevoelens en skaamte.
Annari se groep werk nou saam met Hettie Brittz, die bekende skrywer en vrou van gospelsanger Louis Brittz. Hettie is in die middernagtelike ure van Maandag 8 Februarie 2010 in haar tuiste deur
‘n gewapende rower verkrag. Sy het ‘n boek geskryf, Vreesloos Vry, oor haar lewe voor die verkragting en dan ook haar lewe na die verkragting. Sy vertel hoe die Here self haar gees vasgehou het tydens
die verkragting en skryf uit haar hart oor die pad wat sy moes stap na die verkragting.
Dié uitreiking word in Thabazimbi en omliggende gebiede voortgesit deur Daleen Venter, ‘n plaaslike Pastorale Berader. Sy ervaar tans ‘n leemte vir genoegsame ondersteuning vir dames wat al deur gesinsgeweld en verkragting afgetakel is en het besluit om aan die stuur te wees vir hierdie projek in Thabazimbi om sodoende ‘n verskil te help maak in hierdie vroue se lewe.
Die pers kleur wat dames by uitgesoekte salonne kan laat kleur se naam is Rose of sharon. Dit is ‘n unieke kleur en kan by geen ander plek as by Crossroads aangeskaf word nie.
Rose of sharon is volgens Crossroads die mooiste pers en was uit na pienk of skakerings van pienk. Die spirituele betekenis van pienk is christelik gebaseer en verwys na Jesus wat agter sy lelies op die veld
omsien.

Daleen het ook haar steun versterk deur haar kapsel met ‘n paar strepe Rose of sharon te laat inkleur. Sy nooi die gemeenskap van Thabazimbi, veral dames wat deur geweld of verkragting geteister is, om haar te kontak by 082 552 1283 of om hul verhaal te stuur na daleenventer@live.com

Daleen Venter, ‘n plaaslike Pastorale Berader wys haar steun vir die “Go Purple” projek en nooi die gemeenskap om aan te sluit.